Akademie
Ons stelsel
VHS het 'n groot verskeidenheid vakke wat die behoeftes van leerlinge bevredig.
Ons volg 'n agt dae siklus met ses periodes sowel as een administratiewe periode per dag.
Die adjunkhoof is beskikbaar om leerlinge te help indien hulle dit moeilik vind om vakke te kies.
Ekstra Klasse
Woensdagmiddae is gereserveer vir ekstra klasse. Leerders moet 'n afspraak met die betrokke leerkrag maak. (NB. Dit is die leerder se verantwoordelikheid). Leerders word nie outomaties tot ekstraklasse toegelaat nie.
Slaagvereistes
Die slaagvereistes vir die verskillende grade is by die skool beskikbaar. U is welkom om dit met die voogde of skoolhoof te kom bespreek.
Ons OOV/Khanya-rekenaarlokale is reeds baie goed toegerus en uitbreiding en opgradering vind voortdurend plaas. Internet is gratis tot die leerders se beskikking.