top of page

Krieket
Krieket word as as ‘n somersport beskou en vind plaas in kwartaal 1 en kwartaal 4. Die krieketspanne wat tans aan kompetisies deelneem is die o/19A –span (Eerste span) en die o/15 A-span wat Woensdae T20 speel. Die ander spanne is die o/19B-span en die o/15B-span wat in die week gedurende die middag speel. Hulle speel gewoonlik 20-25 beurte aan ‘n kant. Verder neem die Eerste Span ook een keer per jaar deel aan ‘n 20/20 kompetisie. Ons eerste span speel ook elke jaar ‘n ‘interskole’ wedstryd teen HS Edgemead.
Oefentye
Krieketoefeninge vind in die somer plaas vanaf 14:30 tot 16:00.
Wes-Boland Proewe
In die eerste kwartaal vind daar ook gereeld krieketproewe plaas waar spelers vir die Wes-Boland krieketspan gekies kan word.
bottom of page