Geskiedenis
1867 | Mnr. DH Gaukus onderrig 'n groepie leerders op Saldanha
1880 | Eerste regeringskool word geopen op die terrein van die huidige Laerskool met Mnr. F. Schonken as skoolhoof.
1902 | 64 Leerders van graad 1 tot graad 8
1906 | Eerste Skoolkomiteevergadering met Mnr. W Baard as voorsitter
1907 | Skoolgebou word vergroot
1920 | Leerdergetal bereik 230
1921 | Eerste graad 10 leerders
1924 | Eerste graad 12 leerders voltooi die Senior Sertifikaateksamen en al 5 slaag
1925 | Mnr. JPA Lochner word as skoolhoof aangestel.
1927 | 'n Skoolkoshuis word in gebruik geneem.
1934 | Eenvormige skooldrag word ingevoer.
1944 | Die skool se status verhoog tot Graad B-skool
1961 | Inwyding van skoolgebou nadat skool vergroot is.
1968 | Mnr. BJD van der Vyfer volg Mnr. J van S Schreuder (1950 - 1968) as skoolhoof op.
1969 | Bouwerk aan Hoërskool begin.
1972 | Nuwe skoolgebou word in gebruik geneem.
1973 | Amptelike inwyding van Hoërskool Vredenburg.
1978 | Mnr. AJ van Wyk word as skoolhoof aangestel.
1981 | Mnr. JD Schreuder word as skoolhoof aangestel.
1990 | Leerdertal bereik 700.
1990 | Alwyn Kotze (gr 12) akademies onder Top 10 in Wes-Kaap
1992 | VHS word 'n Model C-skool
1994 | Mnr. JN Joubert volg Mnr. Schreuder as skoolhoof op.
1996 | Mnr. JN Joubert word as Kringbestuurder aangestel.
1997 | Mnr. DA von Zeuner word aangestel as skoolhoof.
1998 | Die staat neem weer beheer en VHS word 'n Openbare Skool.
1998 | Eerste oorsese sporttoer: Kriekettoer na Brittanje
1998 | Netbalbane word opgegradeer tot Nasionale standaard.
1999 | Leerdergetal oorskry die 1000 merk, nl. 1072
2000 | Skoolgebou kry nuwe baadjie - word blou geverf
2000 | Nege graad 12-leerders behaal A-simbole in eindeksamen
2001 | Dogtershokkietoer na Europa.
2001 | Agtien graad 12-leerders behaal A-simbole in eindeksamen
2001 | Christoff Basson behaal 6de plek akademies in Wes-Kaap
2002 | Dertien leerders behaal gemiddelde A-simbole in graad 12
2003 | Maart - Pawiljoen word ingewy.
2004 | Puik uitslae van die hele skool.
2004 | West Side Story opvoering - 'n reuse sukses
2005 | Eerste keer 1100 leerders in skool.
2005 | Eerste Interskole vs Monument Park
2005 | O/16 Rugbytoer na Argentinië
2006 | VOO/NSS word geïmplimenteer
2006 | O/19 Rugby na Argentinië
2006 | Daniek Joubert en Marnus Thiart onder Top-10 in die Wes-Kaap en 18 gemiddelde A-simbole in Matriekeindeksamen
2007 | Seunshokkietoer na Maleisië
2008 | Eerste matrieks wat NSS aflê
2009 | Leerders presteer uitsonderlik in Wes-Kaap Expo en wen landswye Fantastic Plastics Kompetisie
2009 | Twee leerders onder Top 20 in Wes-Kaap (2de keer binne 3 jaar): Renso Thiart en Daniël Rabe
2010 | Die Burger Kersfonds: Reeds meer as R180 000 geskenk deur VHS
2019 | Mnr. Bartho Brittz word aangestel as die nuwe skoolhoof.
2020 | Die Burgie (klubhuis) word gebou.
2020 | Covid-19 tref. Skool word gestaak vir maande en leerders keer terug in groepe.
2023 | Ons 50ste Verjaarsdag.